Hoëveld Bonsmara klub toer

24 Mei 2017:

‘n Toergroep bestaande uit lede van die Hoëveld Bonsmaraklub het Proveld op die 24ste Mei 2017 besoek.

Na ‘n koppie boeretroos en ‘n vinnige kennismaak het Proveld die besoekers deur die verskillende toetsgroepe geneem. By elke toetsgroep is daar land-en-sand gekuier, gedagtes en wenke uitgeruil en veral BEESTE GEKYK.

Na ‘n heerlike middagete was Wessel se koeitroppe besoek en daarna was die teelbulle wat wag vir hulle Winterkoeie besigtig.

Almal was dit eens dat die besoek ‘n uitstekende inisiatief was. Nuwe vriendskappe is gesmee en kennis is uitgeruil.

 

Add Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *