Profit off the veld!

Proveld News

Our perfect System
Ensuring buyers gets the best of the best
Our Passion and Pride
View some of our herd sires premium quality Bonsmara Bulls.
Previous Auction Results
Results from our previous auctions.
Wat ons kliënte sê:
Japie skryf:

Die Bonsmara Tradisie
Bonsmara geskiedenis
Ontstaan van Bonsmara S.A. genootskap
Dit het gelei tot die vorming van die Bonsmara SA Beestelersgenootskap in 1964. Bonsmara is wyd versprei oor die hele Suid-Afrika en ander Afrikalande wat spoedig Bonsmara aanvaar het, sluit; Namibië, Uganda en Zambië in. Die internasionale vleisbeesnywerhede van Argentinië, Australië, Brasilië, Paraguay, Colombia, die VSA en Uruguay het hierna spoedig gevolg.
Proveld tot die toets
In 1998 het sewentien Bonsmara telers uit die Vryburg-omgewing 51 bulle ingeskryf vir ‘n toets op die veld. Van die staanspoor was dit duidelik dat die veldtoets nie vra wie die teler is nie – as ‘n bul nie beskik het oor gehardheid en aangepastheid nie, het hy nie die paal gehaal nie. Die getal telers wat bulle ingeskryf het vir die toets het drasties afgeneem – iets waarvoor ‘n mens begrip het: Bulle wat andersins moontlik veilings sou haal, moes geslag word.
Vier bittereinders het egter die moed van hulle oortuiging gehad en het deurgedruk! Hulle was die stigters van die Proveld Bonsmara Groep.
Proveld se eerste veiling
Waar daar op die eerste veldbulveiling in 1999 12 bulle verkoop was, het Proveld tydens hul 2007 Oktober-veiling 50 bulle aangebied en ‘n 100% verkoopsyfer behaal.
‘n Blink Toekoms
Oor die ongeveer 19 jaar van die groep se bestaan het ander telers wat die stigterslede se visie deel by die groep aangesluit tot waar die lede tans bestaan uit tien stoetlede. Dertien kommersiële telers het ook by die groep geafilieër as kommersiële lede daarvan. Deesdae word ongeveer 250 Bonsmara bulle per jaar by Proveld getoets waarvan ongeveer 35% geslag word omdat hulle nie die mas opkom in die strawwe toets nie. Diè wat wel die toets slaag, word aangebied op Proveld se veilings wat jaarliks plaasvind op die tweede Woensdag van Februarie en Junie en die voorlaaste Woensdag van Oktober.