DIE PROVELD BUL TOETSSTELSEL

Agtergrond: Die eerste veld bul toets het op 1 Julie 1998 begin toe daar 51 bulle van 17 Noord-Wes Bonsmara klublede getoets is. Hieruit het ’n kerngroep telers Proveld gestig. Tans bestaan Proveld uit 11 lede wat gesamentlik ongeveer 250 bulle onder fase D op die veld toets.

Toets prosedure: Somer kalwers – inname vind plaas op die eerste Maandag in Julie.

Toets periode: Winter Kalwers – inname gewoonlik middel Desember.

Goedgekeurde bulle word op die veld aangehou met ’n onderhouds lek tot 6 weke voor die Proveld Veldbul veiling. Die bulle word op die veld met ’n kommersiële afrondings lek voorberei vir die veiling.

Proveld geregistreerde brandmerk: ’n Goedgekeurde bul wat die Proveld veldtoets geslaag het, word op die linker blad gebrand met die Proveld geregistreerde brandmerk - ’n klawer.

Proveld veilings: Alle diere wat as stoetdiere aangebied word, word onder die beskerming van die Bonsmara-beestelers Genootskap gedoen.

Drie Proveld veilings word jaarliks aangebied. Die eerste veiling is 'n produksieveilig en word op die tweede Woensdag in Februarie by die Vryburg Skouterrein gehou. Die tweede veiling, ’n Bonsmara speenkalf veiling gevolg deur 'n aanteel veiling word op die tweede Woensdag in Junie by die Vryburg Veilings krale aangebied, en die derde veiling is weer 'n produksieveiling en word op die tweede-laaste Woensdag in Oktober by die Vryburg Skouterrein gehou.

Die bulle word weereens voor die veiling gekeur deur twee onafhanklike senior keurders om ’n hoë standaard te verseker. Bulle word vir vrugbaarheid getoets, skede wasse gedoen en TB en BM vry gesertifiseer. Die stoet vroulike diere wat op die veiling aangebied word, word soos die bulle, deur 2 keurders gekeur. Die kommersiële vroulike diere van die lede, 13 Proveld kommersiële lede en gas verkopers word vooraf deur Proveld lede op die onderskeie plase gekeur. Sodoende word ’n hoë standaard gehandhaaf.



Tuisblad : Oor Proveld : Nuus : Stelsel : Veilings : Katalogus : Uitslaë : Kontakte : Lede

Copyright © 2009 Proveld Bonsmara - All rights reserved