![]() |
| News / Nuus |
|---|
| 19 October 2011: OKTOBER 2011 PRODUKSIEVEILING |
STELLALANDER 9 NOVEMBER 2011 Puik Pryse vir Proveld Vryburg - Die Proveld-groep hier wat jaarliks gedurende Februarie, Junie en Oktober veilings aanbied, se 13de Oktober-veiling was 'n dawerende sukses. DIÉ BUL is tydens die onlangse Proveld veiling vir R80 000 verkoop. |
| 23 Junie 2011 : PROVELD SPREI SY VLERKE!! |
Een van die lekker dinge van Proveld is dat, as hulle besluit on 'n ding te doén, dan doen hulle dit. Gedurende die week van 20 Junie 2011 het hulle weer so gemaak en 'n veiling gaan hou op Citrusdal, net duskant die Kaap. En was dit nou vir jou 'n lekker en interessante affêre ... die foto's vertel die storie. kliek hier vir SLIDESHOW: ![]() |
| 30 Maart 2011 : DIE 09 SOMER TOETS GROEP KEURINGS. |
Die Somer 2009 bulkalwers se toets het afgesluit op 30 Maart 2011. Die inname datum was 1 Julie 2010 met die aanpassings tyd wat geduur het tot 30 September 2010. Die amptelike toets het op 1 Oktober 2010 begin met 154 bulletjies met ‘n begin massa van 264 kg. ‘n Ongekende rooiwater uitbraak is beleef met 2 bulle dood en 5 ander siek. Ons moes in der haas Berenil RTU van die verskaffers kry om die diere te “blok”. In ons wêreld is die middel maars skaars.
Die toets het afgesluit op 30 Maart en die keuring is gedoen deur Paul Mare en Hugh Enslin, met ‘n keurings persentasie van 69%. Die afgekeurde bulle is geslag en daar was 28% A2, 54% A1 en 18% A0. Vier van die karkasse is deur Parafilaria geaffekteer, ‘n rare verskynsel hier op Tipperary, waarskynlik te wyte aan buitengewone hoë reënval. Proveld bedank Willem van der Merwe van Virbac wat ons geborg het met Virbamec LA om die goedgekeurde bulle te behandel. Die goedgekeurde groep gaan nou in ‘n oorgangsfase met ‘n fosfaat lek op die veld totdat hulle vir ‘n veiling voorberei gaan word. Na die keuring is die beste bulle deur die Proveld lede geïdentifiseer. Elke lid het die geleentheid gekry om volgens ‘n rotasie stelsel ‘n bul vir sy gebruik te kies en hom teen vergoeding vir twee seisoene in sy kudde te gebruik. Die bulle word op 1 Julie 2012 weer terug besorg aan die toetsplaas waar hulle vir die veiling in Oktober 2012 voorberei word. Sodoende word verseker dat die beste genetika eers deur Proveld lede self gebruik word alvorens die bulle aan die bedryf beskikbaar gestel word. Die bulle word met ‘n beperkte hoeveelheid D Tech van Leo Superkos Vryburg, op die veld vir die veilings voorberei. Proveld is ook baie opgewonde om vir die eerste keer ‘n veiling in die Sederberge op Bennie Smit se plaas op 23 Junie 2011 te gaan hou. Die veiling word voorafgegaan met ‘n mini boeredag die oggend. Die aanbod sal bestaan uit 10 tot 12 bulle en 60 agtien maande oue nie-dragtige verse. |
| 16 Maart 2011 PROVELD GOED VERTEENWOORDIG BY NASIONALE VEILING |
Die Proveld lede het gedurende die week van 14 tot 18 Maart 'n goeie verteenwoordiging gehandhaaf by die Bonsmara Genootskap se Nasionale Veiling en vergaderings. 'n Proveld bul geteel deur Hannes van den Berg is verkoop teen 'n bedrag van R50 000. Die koper was Hugh Enslin, 'n gereelde Proveld ondersteuner. Drie dragtige verse is ook verkoop deur Proveld-lede en het 'n gemiddelde opbrengs van R20 333 behaal. Met al die Proveld lede wat teenwoordig was, het iemand op die staduim 'n opmerking gemaak dat Proveld behoorlik "opgeruk" het na die veiling toe. Almal was dit eerns dat dit die moeite werd was en dat Proveld dit 'n gereelde instelling kan maak. |
| 9 February 2011: FEBRUARY 2011 PRODUCTION SALE |
The Proveld Bosmara Veldbull Group held their February production sale on 9 February 2011 at the Vryburg showgrounds. The animals were again of such a high standard that all 35 of the veld-tested stud bonsmara bulls on offer were sold. The average price of the bulls was R25 457, with the most expensive being bull V08-230 from Hannes van der Berg, sold for R35 000 to Cronjee Broers from Waverley. The highest priced stud female animal was a pregnant cow of Marius Ferreira sold to CR Visser Boerdery of Northmead for R15 000. There were also over 450 pre-screened commercial female animals on offer, with the highest price of R15000 each being paid for a group of 12 cows with calves, the average for cows with calves being R12 850. The average for pregnant cows was R9 590, pregnant heifers R10 030 and open heifers sold for an average of R6 965, the highest price being R8 500. The sale was hosted by André Kock & Son with auctioneer Theuns Visser. |
| 20 October 2010: OCTOBER 2010 PRODUCTION SALE |
Proveld Bonsmara held its 12'th October production sale on 20 October 2010 at the Vryburg showgrounds. All 42 veld-tested Stud Bonsmara bulls on sale were sold at an average price of R27 835. 13 of the bulls went to Botswana and one to Namibia.The heighest priced bull, V08-32, was sold for R72 000 to Carl Gutter of the Maarten Boerdery Trust in Brandfort, with the second highest going to the van Rensburg Gesinstrust in Mogogong for R60 000. Both these bulls were from the Kalkveld Bonsmara Stud of Hannes van den Berg.
All the commercial female animals were as usual pre-screened on the sellers farm before the auction and tagged with their lot numbers by Proveld members to ensure that only very high standard bonsmara-type animals would be offered at the sale. Of the commercial female animals, the average price for cows with calves was R9 805 with the highest being sold for R10 400. The average for pregnant cows was R8 643, pregnant heifers R8 668 and open heifers sold for an average of R5 377, the highest price being R7 750. |
| 6 July 2010 : INTAKE OF '09-SUMMER CALVES. |
157 hand-picked bullcalves from 12 breeders arrived at Tipperary beginning July for enrolement into the phase D veldtest. Adaptation period normally takes place till 30 September, depending on the veld conditions, wherafter the official test begins. After weigh-in, as with every new intake, the calves were visually inspected and informally points awarded by the Proveld members. It was agreed that this intakes' quality is again very high with a good number of the calves showing the potential of becoming top stud-bull candidates.
|
| 23 Junie 2010 : DIE 08W EN 09W TOETS GROEP KEURINGS. |
Die keuring van die 2008 winter en 2009 winter veldtoets bulle het saam plaasgevind op 23 Junie 2010. Die keurders was Jan Pienaar en Frans van den Berg.
08W groep: antal telers = 10, getal getoets = 77. Toets tydperk 30 Jan 2009 tot 18 Jun 2009. Toets begin massa = 243kg, toets eindmassa = 350kg, en die GDT = 775g/d. 52% van die bulle was goedgekeur. Alhoewel die toets afgesluit het op 18 Junie 2009, is die keuring geskuif na 23 Junie 2010. Ons wou die effek vasstel tussen die verskillende ouderdomme met keuring. Die groep gaan aangebied word op Proveld se Oktober 2010-veiling. 09W groep: antal telers = 8, getal getoets = 83. Toets tydperk 2 Feb 2010 tot 21 Jun 2010. Toets begin massa = 261kg, toets eindmassa = 389kg, en die GDT = 919g/d. 66% van die bulle was goedgekeur. Die duidelike verskil tussen die twee toets seisoene is opmerklik. Dit onderstreep die variasie in natuurlikke omstandighede as gevolg van reenval. |
| 31 March 2010: THE SUMMER 2008 - VELDTEST CLOSES OFF |
142 bulls from 10 Proveld breeders completed the phase D veldtest on 30 March 2010, with an averge weight of 423kg and an ADG of 904g. These were the calves that were born in the summer of 2008 and were enrolled in the test on 1 October 2009. Their average weight at the start of the test was 260kg.
Johan de Jager and Frans van den Berg were the senior selectors and 66% of the group were approved. Twentysix of this 08S group (together with the bulls from the previous intake) will be offered on the Proveld October 2010 auction, and the rest on the February 2011 sale. A point to remember is that these bulls will still be subjected to periodic internal evaluation by the Proveld group, and those that are not upto the standard required for a Proveld bull, will be discarded. This means that only the best of the best from the group will finally be offered on the auctions. |
| 10 Februarie 2010 : FEBRUARIE 2010 PRODUKSIEVEILING |
|
| 5 Januarie 2010 : INNAME VAN '09-WINTERKALWERS. |
Ongeveer negentig bulkalwers gebore gedurende die tydperk Maart tot Junie 2009 het gedurende Desember op Tipperary aangekom vir die veldtoets wat DV amptelik op 1 Februarie 2010 sal begin. Hoewel die telers die kalwers op hul plase sélf beoordeel het vir potensiaal, het sewe Proveld-lede die bulle op 5 Januarie wéér gekeur en 'n paar uitgehaal. Dit was reeds die derde hekkie waaroor hierdie kalwers in hul kort leeftyd moes kom - die eerste was die voorwaarde wat daargestel is deur die Rasgenootskap, naamlik dat die kalwers 'n speenindeks van ten minste 90 moes behaal, die tweede was die beoordeling vir potensiaal deur hul telers en die derde was die keuring deur 'n paneel van Proveld-lede.
Daar lê nog 'n hele paar hekkies voor - hulle moet in 'n gróót groep 'n indeks van tenminste 90 behaal in die strawwe veldtoets, 'n visuele beoordeling deur twee senior keurders slaag en beskik oor die minimum skrotumomvang. Dié wat die voormelde toetse suksesvol deurstaan, is steeds nie veseker van 'n plek op 'n Proveld-veiling nie. Hulle word wéér voor 'n veiling intern deur Proveld gekeur, Die goedgekeurdes word onderwerp aan 'n mediese toets om te verseker dat hul semen reg is, dat hul teelorgane gesond is en dat hulle vry is van geslagsiektes. Daarna word hulle weer deur twee senior keurders visueel beoordeel vir veilingsgereedheid. Om 'n Proveld-bul te wees is duidelik nie vir sissies nie!
Proveld wil dankie sê aan die volgende firmas wat die gesondheidstoestand van die bulle ondersteun - Intervet Schering Plough (Hennie Brink) tel 0825779595 - Virusbeheer
|
| 21 Oktober 2009 : OKTOBER 2009 PRODUKSIEVEILING |
|
| 19 September 2009 : ARGENTYNE BESOEK PROVELD |
Die wêreld is darem deesdae klein - net nou-die-dag was dit telers vanuit die Demokratiese Republiek van die Kongo wat by Proveld kom kuier het en op die 19de September 2009 het Proveld alweer die voorreg gehad om besoek te ontvang van Dr. Alfredo Esteves, die President van die Argentynse Bonsmara Genootskap en Mnr. Juan Nelson, nog 'n Argentynse Bonsmara teler. Hulle was vergesel van Jacques vd Merwe van Boesman Bonsmaras. Die besoekers het lekker gekuier saam met die Provelders en was beïndruk met die werksaamhede op die proefplaas asook met die gehalte van die bulle. Hoewel die buitelandse besoekers self met baie groot kuddes boer, bly dit maar 'n seldsame gesig om ongeveer 150 bulle in 'n toetsgroep te sien soos dit die geval is by Proveld. Aangesien die groep bulle wat geoormerk is vir die Oktober-veiling reeds in die voorbereidingsfase is, vertoon hulle besonder goed en kon die Provelders nie die versoeking weerstaan om 'n bietjie met hulle te spog nie.
|
| 1 Julie 2009 : DIE 2008 SOMER-BULKALF INNAME. |
’n Pragtige groep 08S bulkalwers het hul aanpassingstyd begin op die Toetsplaas . ’n Getal van 146 is deur 10 Proveld lede gedurende die eerste week van Julie afgelaai. Dit is 12 minder as die 07S groep maar die lede se prioriteit was verseker kwaliteit. Die gemiddelde aanvangsmassa is 259 kg. Die inname het 50 verskillend vaars.
Die amptelike toets begin die 1 Oktober 2009 en duur tot die 30 Maart 2010. Die weiding behoort nie vanjaar met die aanvang van die toets ’n probleem te wees nie want ons het 60 mm reën in Junie gehad en met die diep sand/leem grond wat ons hier het, bly die vog tot diep in die lente beskikbaar vir die weiding. Daar word weereens nie afgewyk van die gewone kommersiële lek wat die afgelope jare gebruik is nie. Dit is belangrik om dit so te hou vir die eenvoudige rede dat dit nie ’n lek toets aksie is nie maar ’n toets waar weiding die belangrikste rol speel. Die terugvoering wat ons kry van Velbul kopers is oorweldigend. Die bulle se kondisie-hou vermoë, dominansie en werkverrigting beïndruk elke kliënt. Ons maak tans getuigskrifte van kliënt by mekaar en sal dit met die volgende nuus publiseer.
|
| 3 April 2009 : PROVELD STEEK NUWE GRENSE OOR!! |
Gedurende 2008 was Proveld genader deur telers vanaf die Demokratiese Republiek van die Kongo wat belang gestel het daarin om Proveld-teelmateriaal te bekom. Aangesien hulle baie ekstensief boer (hul plase strek oor ongeveer 40000Ha), het hulle veral belang gestel daarin om diere te bekom van telers wie se diere bekend is vir die gehardheid en aanpasbaarheid daarvan. Bernoit Niehaus en Disire Nfundiko van die DRK het Proveld se Oktoberveiling bygewoon, vergesel van hul konsultant, Prof. Dr. Pascal Leroyi van België. Die doel van die besoek was om hulself te vergewis van die gehalte van die diere en om 'n idee te kry van die heersende pryse. Na afloop van die veiling het die groep besoek gebring aan die Proveld-toetsplaas waar hulle tipiese Proveld vroulike diere besigtig het asook die bulle in hul verskillende toetsfases. Hulle het aangedui dat hulle beïndruk was deur wat hulle gesien het en nadat hulle getrakteer was op 'n êg-Suid-Afrikaanse kuier om die braaivleisvuur, het hulle vertrek met die versekering dat hulle 'n bestelling sou plaas. Gedurende November 2008 hét hulle toe ook 48 dragtige verse en twee Proveld-veldbulle bestel. Aangesien uitvoere na die DRK vir al die lede van Proveld onbekende terrein was, het hulle die hulp ingeroep van Mnr. Pier Ronchietto, 'n persoon met uitgebreide ondervinding van uitvoere. Met sy hulp was die hele proses sonder haakplekke (maar gepaard met báie harde werk) suksesvol afgehandel en was die diere uiteindelik op die 3de April 2009 op twee 'interlinks' gelaai tesame met genoeg voer en water vir die sesdag reis. Die roete het gestrek vanaf Vryburg oor Beitbrug na Zimbabwe, na Zambië en tot by Lumbumbashi in die DRK. Die diere was afgelaai ongeveer 70 kilometer vanaf hulle eindbestemming en het hul vreugde om van die trokke af te wees bokspringend, met sterte in die lug, gevier - voorwaar 'n vrolike gesig! Die diere was tevoet aangejaag oor die laaste 70Km tot by hul bestemming en almal het dit in 'n goeie toestand bereik. Na wat verneem word pas die diere goed aan in hul nuwe omgewing. Proveld bedank almal wat 'n bydrae gelewer het om van hierie projek 'n sukses te maak, veral vir Mnr. Pier Ronchietto. kliek hier vir SKYFIEVERTONING: ![]()
|
| 2 April 2009 : DIE SOMER 2007 - VELDTOETS SLUIT AF. |
157 bulle wat gedurende Julie 2008 in die toets opgeneem was, was op 2 April 2009 gekeur deur Wessel Pistorius en Allan Retief. Gerhard Strydom van Mazel Bonsmaras het saam met die keurders die keuring bygewoon en die Noordwes Bonsmaraklub het die keuring ook benut as 'n geleentheid om opleiding te verskaf aan junior keurders. Dit het gevolglik behoorlik geroer op Wessel en Ria se werf.
Hierdie was die grootste groep bulle wat tot datum uit 'n Proveld-toets gekom het. 101 bulle was goedgekeur en 56 geslag. Proveld is in hul skik met die goedkeuringspersentasie van 64.3%. Die geslagte bulle word bemark as veldgeproduseerde vleis en dié wat goedgekeur is, sal aangebied word op Proveld se Oktober 2009- en Februarie 2010-veilings. Vir middagete was daar lekker gekuier om 'n potjie wat deur Johan en Martell aanmekaar geslaan is en na afloop van die keuring was die keurders en Gerhard op die proefplaas rondgewys. Die aand was daar nog vir oulaas 'n hond uit 'n bos gekuier rondom die braaivleisvuur. Almal was dit eens dat dit 'n baie geslaagde dag was. |
| 11 February 2009: FEBRUARY 2009 VELDBULL & PRODUCTION SALE |
Proveld held a very successful production sale on 11 February 2009 at the Vryburg showgrounds. There were 30 veld-tested bonsmara bulls, 60 selected top stud female animals and 400 quality commercial female animals on offer, achieving a turnover of over R4 million.
All the commercial female animals were pre-screened on the sellers farm before the auction and tagged with their lot numbers by Proveld members to ensure that only bonsmara-type animals of a very high standard would be offered at the sale. 24 bulls sold for an average price of R20 700, with the most expensive being a bull of Dr. Frans Malan which sold for R70 000 to Lourens van Wyk of Sannieshof. The female stud animals also fetched good prices with a pregnant heifer from Hannes van der Berg’s Kalkveld Boerdery being sold to CR Visser from Northmead for R22 000, who also bought the highest priced cow and calf for R15 000 from the Bogermie stud of Wessel van Wyk. The average price for cows with calves was R12 400 and pregnant heifers R11 060. Of the commercial female animals, the average price for the cows with calves was R9 618 with the highest being sold for R11 100. The average for pregnant cows was R7 578, pregnant heifers R6 856 and open heifers sold for an average of R4 250, the highest price being R6 000. The auctioneers were André Kock & Son. |
| 15 Desember 2008 : DIE 2008 WINTER-BULKALF INNAME. |
10 Proveldlede het altesaam 78 winter 2008 gebore bulletjies ingeskryf vir hierdie toets. Die aanpassingstyd is 15 Des 2008 tot 30 Jan 2009.
Dit is opmerklik om die verandering in tipe van die bulle wat vir toetse ingeskryf word en wat ingetree het oor die 10 jaar van Proveld se bestaan, waar te neem. Dit is 'n spontane verandering wat intree omdat die Proveld-bulle wat deur Proveld-lede ingekoop is en onder lede geroteer is se nageslag nou in produksie is. Dit volg dat die moeders van die huidige innames (dié wat dogters van Proveld-bulle is), se kalwers beskik oor die gene wat gehardheid en aanpasbaarheid verseker. As die vaar van die kalf dan óók nog 'n Proveld-bul is, is daardie gene baie sterk in die kalwers gevestig. Daar word ook nog gebruik gemaak van goeie bulle uit ander kuddes om sodoende voordeel te trek uit die hele Bonsmara-genepoel. Proveld lede het ook ingestem om vir hierdie toets 'n "gas- toetser", Duncan Serepalwane toe te laat om vier bulletjies in te skryf. Duncan is 'n nuwe Bonsmara teler wat in die Tosca omgewing boer. Die amptelike toets begin 31 Jan 2009 en sluit af op 18 Jun 2009. Die keuring vind plaas op 19 Junie 2009. Die datum kan egter verander. Sou daar iemand wees wat dalk die keuring wil bywoon, kan Wessel van Wyk, selnr 0829482461 geskakel word. Proveld wil dankie sê aan die volgende firmas wat die gesondheidstoestand van die bulle ondersteun - Virbac (Willem van der Merwe) tel 0835415425 - Parasietbeheer
|
| Streeknuus 29 Okt 2008 - 'R100 000 vir 'n Bonsmarabul' |
| 22 October 2008: OCTOBER 2008 VELDBULL & PRODUCTION SALE |
The Proveld Bosmara Veldbull Group held their 10’th annual production sale on 22 October at the Vryburg showgrounds. There were 40 veld-tested bulls and 300 commercial female animals on offer, and the sale achieved a turnover of over R2 million.
Of the female animals, the average price for the cows with calves was R7 830, with the highest price of R8 900 each being achieved for a parcel of 10 heifers with calves sold by Mike Grundler and Wessel van Wyk to Stefan van Niekerk. The average price for pregnant heifers was R6 380, with the highest being sold for R7 100. Open heifers sold for an average of R4 250, the highest price being R4 700. The auctioneers were André Kock & Son.
|
| 1 Julie 2008 : DIE 2007 SOMER-BULKALF INNAME. |
Op 1 Julie 2008 is 160 bulle gebore gedurende die somer van 2007 wat deur die Provelders uitgesoek is, in die veldtoets opgeneem. Ons is opgewonde oor die gehalte van hierdie inname. Dit is verblywend om te sien dat elke nuwe inname se gehalte 'n verbetering toon op dié van vorige innames. Dit wys vir ons dat ons vordering maak in ons strewe om beter beeste te teel. By Proveld rol ons 'n paar ekstra klippe in die pad van ons veldbulle.
![]()
Die doel hiermee is om te verseker dat bulle wat uiteindelik op Proveld-veilings beland van die hoogste standaard is. Proveld wil dankie sê aan die volgende firmas wat die gesondheidstoestand van die bulle ondersteun - Virbac (Willem van der Merwe) tel 0835415425 - Parasietbeheer
|
| 18 Junie 2008 : DIE WINTER 2007 - VELDTOETS SLUIT AF. |
103 bulle wat gedurende Desember 2007 ingeneem is vir 'n veldtoets het die toets voltooi op 18 Junie 2008.
Johan de Jager en Hannes van den Berg het lekker streng gekeur - soos Proveld daarvan hou. 50% van die bulle was goedgekeur en die res was as veldgeproduseerde vleis (Natural Beef) verkoop aan Kalahari Beef. Die goedgekeurde bulle sal aangebied word op Proveld se Oktober 2009-veiling. Onder hierdie groep bulle is 'n hele paar wat stoetpotentiaal het en wat met vrymoedigheid in enige stoetkudde gebruik kan word met die wete dat hulle gehardheid en aangepastheid deeglik beproef is. |
| Stellalander 18 Junie 2008 - 'Nóg 'n eerste vir Bonsmara' |
| 11 Junie 2008: PROVELD MAAK GESKIEDENIS |
Op Woensdag 11 Junie 2008 het die Proveld Bonsmaragroep geskiedenis gemaak deur 'n veiling aan te bied waarop meer as 900 Bonsmara- en Bonsmaratipe speenkalwers onder die hamer gekom het. Sover bekend is dit die eerste keer in Vryburg se geskiedenis dat uitsluitlik Bonsmara- en Bonsmaratipe kalwers op 'n veiling aangebied is.
Die teenwoordiges het hulle verkyk aan die een groep na die ander rooi speenkalwers wat deur die veilingsring gekom het - werklik 'n seldsame prentjie. Pryse was uitgeloof vir die beste groepe kalwers en Christo Groenewald het weggestap met die louere. Chris Visser het die tweedeprys ontvang en S.T. Walker die derdeprys. Christo se groep van 26 kalwers met 'n gemiddelde gewig van 255kg het ook die beste prys van R13.16 per kg behaal. Die gemiddelde gewig van al die speenkalwers op die veiling was 245.61kg en hulle is verkoop teen 'n gemiddelde prys van R12.73.
Meer as vyfhonderd vroulike aanteeldiere is ook aangebied en kopers het die geleentheid gehad om uitstekende teelmateriaal te bekom teen baie redelike pryse.
Die totale omset van die veiling was R4 634 387.00 en die gemiddelde pryse soos volg:
Proveld beplan om hierdie veiling 'n jaarlikse instelling te maak en om die aanbod van speenkalwers volgende jaar te verdubbel.
|
| 31 Maart 2008: DIE SOMER 2006 - VELDTOETS SLUIT AF |
131 bulle wat gebore is in die somer van 2006 en wat in die veldbultoets ingeneem was op 1 Julie 2007 het die toets voltooi op 31 Maart 2008. Frikkie Kruger en Kit Thompson het die keuring hanteer en 55% van die bulle was goedgekeur. Iets wat nie algemeen bekend is nie, is dat Proveld die goedgekeurde bulle van tyd tot tyd weer intern keur en dié uitskot wat nie die Proveld-brandmerk waardig is nie. Geen bul ontvang spesiale behandeling nie en dié wat hulself nie binne die groep op die veld kan handhaaf nie, kom nie op die Proveld-veiling nie. Twaalf van hierdie groep bulle (tesame met bulle uit die vorige inname) sal aangebied word op Proveld se Oktober 2008-veiling en die res op die Februarie 2009-veiling. |
| Streeknuus 20 Feb 2008 - 'Proveld en Andre Kock maak geskiedenis' |
| Stellalander 20 Feb 2008 - 'Provelders spog met profyt' |
| 14 February 2008: February 2008 VELDBULL & PRODUCTION SALE |
The Proveld Bosmara Veldbull Group, together with their commercial members and selected guest breeders, held their production sale on 13 February at the Vryburg Showgrounds. This auction was considered by buyers and sellers as being one of the best Bonsmara production sales held yet. There were 29 veld-tested stud bulls and 500 female animals on offer, and the sale achieved a turnover of over R4 million.
The average price of the 29 bulls was an excellent R30 310, with the most expensive being a bull of Dr Frans Malan being sold for R46 000 to De Bruin Trust, F Malan and M Ferreira, to be used as a herd sire within the Proveld group. The female animals were also of exeptional quality and the buyer interest was very high. The average price for the 44 cows was R9 566, and the average price for the 65 cows with calves was R10 796. The most expensive female stud animals sold all belonged to Wessel van Wyk of Bogermie Boerdery, and PJ de Bod of Ladysmith paid the highest price of R17 000 each for 3 cows with calves and R15 000 each for 3 cows. The highest price paid for pregnant stud heifers was R16 000. The 366 heifers were sold at an average price of R6 417, with the most expensive packet of 10 pregnant commercial heifers belonging to Hannes van den Berg being sold to Nico Botha of Britstown for R12 200 each. The auctioneers were André Kock & Son.
|
| 15 Desember 2007 : DIE 2007 WINTER-BULKALF INNAME. |
103 uitsoek kalwers gebore gedurende die tydperk 15 Maart 2007 en 15 Julie 2007 het op Tipperary aangekom vir die toets wat sal strek oor die tydperk 15 Desember 2007 tot 18 Junie 2008 (insluitende die aanpassings tydperk).
Onder hulle is daar 'n paar 'ysters' waaraan 'n punt van 9 uit 9 toegeken is op visuele beoordeling, en ook 'n paar waaraan 'n uitstekende 8 uit 9 toegeken is. Hierdie bulle toon belofte om te ontwikkel in stoet-bulle en hulle vordering sal met belangstelling dopgehou word. Ondervinding het egter al geleer dat die 'valetjies' nie wegegooi moet word nie - soms verbaas hulle 'n mens. Die bulle se gemiddelde aankomsmassa was 245 Kg en daar word 'n gemiddelde GDT van 980 gram per dag verwag. Teen die 19de Junie 2008, wanneer die keuring daarvan sal plaasvind, sal die bulle dus na verwagting gemiddeld 426 Kg weeg. ![]()
Die bulle in hierdie groep wat die toets slaag sal aangebied word op die Oktober 2009 veiling wanneer hulle massas na verwagting tot 700 Kg sal wees. Hulle sal dan ongeveer 30 maande oud wees en nie kan wag om enigiets wat voorkom te dek nie! Proveld wil dankie sê aan die volgende firmas wat die gesondheidstoestand van die bulle ondersteun - Vryburg Dierehospitaal tel 053-9273658
|
| 24 Oktober 2007 : 9de PROVELD OKTOBER – VEILING. |
Proveld het op 24 Oktober 2007 hul 9de jaarlikse Oktober-veiling van veldbulle en vroulike diere aangebied by die Vryburg Skougronde. Die veiling was goed bygewoon en Kopers het gekom van so ver as Ghanzi in Botswana, Vrede in die Oos-Vrystaat en Somerset Wes in die Kaap. Vyftig veldbulle het onder die hamer gekom en is almal verkoop teen pryse wat gewissel het van R15000 tot R68000. Deur geen aanbod te weier nie, het Proveld probeer verseker dat dit vir geen Koper nodig sou wees om teleurgesteld om te draai nie en om aan almal die geleentheid te bied om Proveld-genetika teen 'n billike prys te bekom. Hierdeur is die persepsie wat hier-en-daar begin posvat het dat Bonsmaras te duur raak, hopenlik'n nekslag toegedien. Dit is Proveld se erns om genoeg veldbulle te produseer en aan die mark beskikbaar te stel (ook teen redelike pryse) sodat elkeen kan deel in die voordeel wat die gebruik van Proveld-getoetste bulle bied. Vir die fynproewer was daar ook te kies en te keur. Wim Scholtz het die duurste bul (geteel deur Aubrey Niehaus) gekoop. Vyf bulle was ingekoop deur stoetlede van Proveld en sal in die lede se kuddes gebruik word ten einde die gene wat veld-aangepastheid verseker verder in die lede se kuddes vas te lê. Die gemiddelde veilingspryse was soos volg:
Hef aan lê nou alweer voor vir die Februarie-veiling wat DV op 13 Februarie 2008 gehou sal word!
|
| 1 Julie 2007 : DIE 2006 SOMER-BULKALF INNAME. |
Die Proveld-lede het op 1 Julie 2007 weer die room van hul somer-bulkalwers na die toetsplaas gestuur. 131 kalwers tussen die ouderdomme van 6 en 10 maande is vir die toets ingeskryf. Ondervinding het geleer dat tussen 50 en 65% uiteindelik na die strawwe toets wat einde Maart 2008 sal eindig, goedgekeur sal word. Die wat die paal haal, se gehardheid en aangepastheid onder veldtoestande sal deeglik beproef wees. Die groep bulle vertoon pragtig - die lede het oor die jare die kuns aangeleer om bulle na speen te identifiseer vir potensiaal om op die veld te presteer. Oorwegend is dit mediumraamtipes met goeie vleiseienskappe, tog is daar voldoende variasie om alle voorkeure te bevredig. 'n Aantal van die bulle se potensiaal om te ontwikkel in stoetbulle is reeds op hierdie ouderdom sigbaar.
![]()
|
| 22 Junie 2007 : DIE WINTER 2006 - VELDTOETS SLUIT AF. |
Op 22 Junie 2007 het die keuring plaasgevind ten opsigte van 'n groep van nege en tagtig veldbulle wat gedurende Januarie 2007 in 'n veldtoets geplaas was.
Die aangepassingstydperk het 14 dae geduur en die amptlike toets 140 dae. Die volgende is enkele statistieke met betrekking tot die toets.
![]() Die keuring was behartig deur Kit Thompson en Frikkie Kruger waarna daar lekker gekuier was om 'n potjie soos net Ria van Wyk dit kan doen. Die bulle wat die toets geslaag het, sal in 'n groep op die veld bly totdat hulle tydens die Proveld-veiling van Oktober 2008 te koop aangebied sal word. Onder hierdie groep is daar verskeie bulle wat die potensiaal het om te ontwikkel in stoetbulle wat in die meeste kuddes 'n positiewe bydrae sal kan lewer - stoetbulle waarvan die gehardheid en aanpasbaarheid bewys is in 'n Proveld-veldtoets. |
Tuisblad : Oor Proveld : Nuus : Stelsel : Veilings : Katalogus : Uitslaë : Kontakte : Lede |
Copyright © 2009 Proveld Bonsmara - All rights reserved |