![]() |
| Click here for |
Die Proveld Bonsmaragroep is 'n groep toegewyde Bonsmara-stoettelers uit die Vryburg-distrik wat hul stoetbulle in 'n gesamentlike veldtoets toets onder toestande soortgelyk aan dié waaronder van vroulike diere verwag word om te produseer en te reproduseer.
Die koper van 'n Proveld-bul kan seker wees dat hy 'n geregistreerde bul van topgehalte kry wat deeglik getoets en gekeur is en wat tenvolle aangepas is in die toestande waarin van hom verwag word om te presteer - "jy kry wat jy sien" - in teenstelling met bulle wat in 'n kraal gevoer word onder die gebruiklike toets- en bemarkingstelsels waarvan die foute weggesteek is onder 'n laag vet en welke bulle dikwels sukkel om aan te pas in ekstensiewe toestande.
Die Proveld-groep het al bekendheid verwerf oor die hele Suid-Afrika en ook in buurlande vir die verskaffing van bulle en vroulike diere van uitstekende gehalte wat hoogs aangepas is. Daardeur doen Proveld sy slagspreuk gestand - " Wen op die veld! ".
|
Kliek vir ....Vryburg weervoorspelling |
Tuisblad : Oor Proveld : Nuus : Stelsel : Veilings : Katalogus : Uitslaë : Kontakte : Lede |
Copyright © 2009 Proveld Bonsmara - All rights reserved |