![]() |
Terugvoer van Proveld kliënte |
Sarel Borman boer tussen Hertzogville en Boshoff in die Wes –Vrystaat met kommersiële Bonsmaras. Tydens die Oktober 2008-veiling het hy sy tweede Proveld- bul gekoop . | |
| |
| Sarel het geskryf: |
"Voorheen was ek gewoonlik teleurgesteld na die aankoop van vet gevoerde bulle. Hulle sukkel om in my ekstensiewe omstandighede aan te pas en “smelt “ behoorlik weg tydens die eerste dekseisoen. Met hierdie Proveld-getoetste bulle is dit egter totaal anders. Hulle het dadelik aangepas in my kudde. Hulle kondisie het trouens verbeter en na die eerste somer reën floreer hulle behoorlik. Wat my veral ook beïndruk het, was die algemene fiksheid van die bulle. Hulle kan stap en bly fluks tydens die dek seisoen. Bulle met voorwaar besonderse libido! Vandat ek Proveld-bulle gebruik is my besettings syfer uitstekend. Ek glo dat die sleutel tot enige winsgewende kommersiële bees boerdery daarin lê om met ’n vrugbare, goed aangepaste koei kudde te boer en is oortuig daarvan dat hierdie Proveld-bulle deel van ’n wen resep is. Hulle verskaf vir my die gene wat ek nodig het om teen minder insetkoste, ekonomies te boer. Ek sien baie uit daarna dat die eerste verse van my Proveld-bulle in produksie kom. " |
Japie van Rensburg boer in die Bray omgewing met ‘n kommersiële bonsmara kudde. Japie het al 15 Proveld Bonsmara bulle aangekoop sedert 2002 en is tans nog in besit van 13 Proveld bulle. | |
| |
| Japie het geskryf: |
"Ek boer reeds 12 jaar op my plaas net buite Bray en is die laaste paar jaar baie gelukkig met my Bonsmaras. My bulle is almal aangekoop by Proveld Bonsmara en ek is baie tevrede met my aankope. Hierdie bulle het baie vinnig op die plaas aangepas en begin dadelik werk, hulle is fiks, uiters vrugbaar en lekker lewenslustig. Ek glo dat die Proveld stelsel waarvolgens bulle geselekteer, grootgemaak en op die veld getoets word die sleutel is tot hulle sukses. Elke Bonsmara kudde het ‘n sekere persentasie diere wat gras beter as ander kan omsit in vleis, hierdie telers slaag goed daarin om hierdie diere te identifiseer. In kort kan mens se hulle selekteer die beste uit die bestes! "
|
Tuisblad : Oor Proveld : Nuus : Stelsel : Veilings : Katalogus : Uitslaë : Kontakte : Lede |
Copyright © 2009 Proveld Bonsmara - All rights reserved |