Wen op die veld!

Die Proveld Bonsmara groep is ‘n groep toegewyde Bonsmara-stoettelers uit die Vryburg-distrik wat hul stoetbulle in ‘n gesamentlike veldtoets toets onder toestande soortgelyk aan dié waaronder van vroulike diere verwag word om te produseer en te reproduseer.
our-system.jpg

Ons perfekte stelsel

Verseker kopers kry die beste van die beste

Lees meer
LEO09-87-LOT2-Oct-2014.jpg

Ons passie en trots

Gaan kyk gerus na fotos van ons top gehalte Bonsmara Bulle

Sien Fotos
stats.jpg

Veiling uitslae

Uitslae van vorige veilings

Meer inligting

Wat ons kliënte sê:

Japie skryf:

``Ek boer reeds 12 jaar op my plaas net buite Bray en is die laaste paar jaar baie gelukkig met my Bonsmaras. My bulle is almal aangekoop by Proveld Bonsmara en ek is baie tevrede met my aankope. Hierdie bulle het baie vinnig op die plaas aangepas en begin dadelik werk, hulle is fiks, uiters vrugbaar en lekker lewenslustig. Ek glo dat die Proveld stelsel waarvolgens bulle geselekteer, grootgemaak en op die veld getoets word die sleutel is tot hulle sukses. Elke Bonsmara kudde het ‘n sekere persentasie diere wat gras beter as ander kan omsit in vleis, hierdie telers slaag goed daarin om hierdie diere te identifiseer. In kort kan mens se hulle selekteer die beste uit die bestes! ``

Die Bonsmara Tradisie

Bonsmara geskiedenis

Bonsmara het sy ontstaan by die Mara en Messina navorsingstasies tussen 1937 en 1963 gehad, onder die wakende oog van Prof Jan Bonsma. Bonsmara het spoedig wêreldbekende status geniet as die enigste vleisras ter wêreld, wat deur ’n volledige gedokumenteerde kruisteelprogram ontwikkel is ─ met behulp van objektiewe aantekening van prestasiedata. Visuele evaluasie volgens die norme vir funksionele doeltreffendheid is vanaf die begin geïmplementeer, en word steeds streng toegepas.
 
Die naam is afgelei uit Prof Bonsma se van (Bonsma) en die naam van die Mara navorsingstasie (Mara), waar die eerste kruisteel kalf gebore is. Prof Bonsma en sy kollegas het voortdurend intensiewe kruisteelproewe geloods in byna 20 kommersiële stoete in verskillende dele van Suid-Afrika, om uiteindelik die bes presterende kruisteelproef van 5/8 Afrikaner en 3/8 Eksotiese Hereford/Korthoring, te vind.

Ontstaan van Bonsmara S.A. genootskap

Dit het gelei tot die vorming van die Bonsmara SA Beestelersgenootskap in 1964. Bonsmara is wyd versprei oor die hele Suid-Afrika en ander Afrikalande wat spoedig Bonsmara aanvaar het, sluit; Namibië, Uganda en Zambië in. Die internasionale vleisbeesnywerhede van Argentinië, Australië, Brasilië, Paraguay, Colombia, die VSA en Uruguay het hierna spoedig gevolg.

Proveld tot die toets

In 1998 het sewentien Bonsmara telers uit die Vryburg-omgewing 51 bulle ingeskryf vir ‘n toets op die veld. Van die staanspoor was dit duidelik dat die veldtoets nie vra wie die teler is nie – as ‘n bul nie beskik het oor gehardheid en aangepastheid nie, het hy nie die paal gehaal nie. Die getal telers wat bulle ingeskryf het vir die toets het drasties afgeneem – iets waarvoor ‘n mens begrip het: Bulle wat andersins moontlik veilings sou haal, moes geslag word.

Vier bittereinders het egter die moed van hulle oortuiging gehad en het deurgedruk! Hulle was die stigters van die Proveld Bonsmara Groep.

Proveld se eerste veiling

Waar daar op die eerste veldbulveiling in 1999 12 bulle verkoop was, het Proveld tydens hul 2007 Oktober-veiling 50 bulle aangebied en ‘n 100% verkoopsyfer behaal.

‘n Blink Toekoms

Oor die ongeveer 19 jaar van die groep se bestaan het ander telers wat die stigterslede se visie deel by die groep aangesluit tot waar die lede tans bestaan uit tien stoetlede. Dertien kommersiële telers het ook by die groep geafilieër as kommersiële lede daarvan. Deesdae word ongeveer 250 Bonsmara bulle per jaar by Proveld getoets waarvan ongeveer 35% geslag word omdat hulle nie die mas opkom in die strawwe toets nie. Diè wat wel die toets slaag, word aangebied op Proveld se veilings wat jaarliks plaasvind op die tweede Woensdag van Februarie en Junie en die voorlaaste Woensdag van Oktober.

Lees meer
[/vc_column]

Proveld Lede

Marius.png

Marius Ferreira

082 564 2581
8.png

Duncan Serapelwane

082 850 0270
2.png

Wessel van Wyk

082 948 2461
3.png

Pieter de Bruin

083 320 6655
4.png

Johan Dormehl

083 235 9463
5.png

Hannes van den Berg

082 925 4051
7.png

Aubrey Niehaus

083 336 8315
1.png

Wynand Bester

072 203 4668
freddy.png

Freddie Scheepers

082 452 1512